Goeie Genade, Grootseun! Kronieke Van ’N Dominee  - Vos,B - (New Copy)

Goeie Genade, Grootseun! Kronieke Van ’N Dominee - Vos,B - (New Copy)

R 202.50
Sale price  R 202.50 Regular price  R 225.00
Skip to product information
Goeie Genade, Grootseun! Kronieke Van ’N Dominee  - Vos,B - (New Copy)

Goeie Genade, Grootseun! Kronieke Van ’N Dominee - Vos,B - (New Copy)

R 202.50
Regular price  R 225.00 Sale price  R 202.50
In stock

AGTERGROND

Die jongste bundel rubrieke in Barend Vos se reeks oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente. Deur die oë van “Grootseun” – die Jongdominee wat briewe aan sy ouers skryf – word lesers ingenooi in ’n wêreld van kerkbasare, kleurryke karakters en alledaagse uitdagings wat met deernis en fyn humor uitgebeeld word in stories soos “Al die kinkels in ’n kerkbasaar”, “Tannie Sjjjt word verstaan”, “Brûe bou is nie vir sissies nie” en “Hooglied word laaggevat”. Goeie genade, Grootseun! is die opvolg op Vos se gewilde bundel Liefdegroete, Grootseun, wat in 2018 verskyn het. Dié
sketse het oorspronklik in die tydskrif LiG verskyn. In Goeie genade, Grootseun! word 31 van die beste en mees vermaaklike stories opgeneem in een toeganklike bundel, en die oorspronklike illustrasies van wyle Fred Mouton word ook ingesluit.

ABOUT THE AUTHOR :

Barend Vos – alias Grootseun – is ’n afgetrede predikant wat saam met SyGoeieVrou in Pearly Beach aan die Overbergse kus woon. Sy sketse oor die lewe in ’n plattelandse gemeente verskyn reeds die afgelope 26 jaar in die tydskrif LiG. Barend was ook van 2018–2025 die skrywer van die Bybelse dagboek Uit die Beek; hy is die skrywer van, onder meer, drie Bybelse romans – Eksodus, Kanaän, en Rut & Boas – en ’n sekulêre roman, ’n Dorp soos Silwer Streams. Sy gebede uit die Psalms, Die ewigheid in my hart, is in 2016 met die Andrew Murray-prys vir Christelike lektuur bekroon. Intussen was daarook ’n ATKV-Mediaveertjie vir ’n Grootseun-storie.

TITEL: Goeie genade, Grootseun! Kronieke van ’n dominee
OUTEUR: Barend Vos
GENRE: RubriekeVERSKYNINGSDATUM: Julie/Augustus 2026
ISBN: 9781485316305
FORMAAT: 137 x 213mm
HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband
AANTAL BLADSYE: 156

You may also like