Skip to product information
In stock
Karel Schoeman is een van die belangrikste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het, danksy die gehalte, verskeidenheid en omvang van sy oeuvre, wat verskeie literêre subgenres, geskiedskrywing en vertalings insluit. Vir Daardie lewe het Ria Winters bronne geraadpleeg wat nog nie voorheen benut is nie. Schoeman het sy navorsingsnalatenskap aan talle argiewe en institute bemaak en sy het die meeste hiervan opgespoor. Die “biografie” is gebaseer op haar argiefsoektogte, koerantartikels en persoonlike
korrespondensie. Sy gee ook aandag aan Schoeman se boeke en sy outobiografiese aantekeninge in Die laaste Afrikaanse boek. Hierdie outobiografie het egter in 2002 verskyn en het nie sy laaste 18 lewensjare ingesluit nie. Winters se doel was om Schoeman se lewe en sy skryfwerk teen die agtergrond van die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis na te speur. Daar is heelwat foto’s, volledige eindnote en ’n bronnelys van primêre en sekondêre bronne.
Ria Winters is ’n Nederlandse historikus verbonde aan die Universiteit van Amsterdam en bly in Amersfoort, Nederland. Deur haar korrespondensie met Schoeman van April 2014 tot 1 Mei 2017 is haar belangstelling in sy werk en die Afrikaanse taal en letterkunde begin. Daardie lewe is Winters se tweede boek oor Schoeman. Die eerste was Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer (Protea Boekhuis 2020).
Daardie lewe: Karel Schoeman - Ria Winters - (New Copy)
R 749.00
Regular price
R 850.00
Sale price
R 749.00
AGTERGROND
Karel Schoeman is een van die belangrikste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het, danksy die gehalte, verskeidenheid en omvang van sy oeuvre, wat verskeie literêre subgenres, geskiedskrywing en vertalings insluit. Vir Daardie lewe het Ria Winters bronne geraadpleeg wat nog nie voorheen benut is nie. Schoeman het sy navorsingsnalatenskap aan talle argiewe en institute bemaak en sy het die meeste hiervan opgespoor. Die “biografie” is gebaseer op haar argiefsoektogte, koerantartikels en persoonlike
korrespondensie. Sy gee ook aandag aan Schoeman se boeke en sy outobiografiese aantekeninge in Die laaste Afrikaanse boek. Hierdie outobiografie het egter in 2002 verskyn en het nie sy laaste 18 lewensjare ingesluit nie. Winters se doel was om Schoeman se lewe en sy skryfwerk teen die agtergrond van die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis na te speur. Daar is heelwat foto’s, volledige eindnote en ’n bronnelys van primêre en sekondêre bronne.
OOR DIE OUTEUR
Ria Winters is ’n Nederlandse historikus verbonde aan die Universiteit van Amsterdam en bly in Amersfoort, Nederland. Deur haar korrespondensie met Schoeman van April 2014 tot 1 Mei 2017 is haar belangstelling in sy werk en die Afrikaanse taal en letterkunde begin. Daardie lewe is Winters se tweede boek oor Schoeman. Die eerste was Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer (Protea Boekhuis 2020).
TITEL: Daardie lewe: Karel Schoeman
OUTEUR: Ria Winters
GENRE: Biografie
VERSKYNINGSDATUM: Junie 2026
ISBN: 9781485315674
FORMAAT: 168 x 240 mm
HARDEBAND met stofomslag en 32 bladsye kleurfotoseksie
AANTAL BLADSYE: 830